Sunday, June 28, 2009

Wanganui strate




Hierdie is nou ook net een van die strate so om die middedorp - die huise wat jy daar voor bo oppie bult kan sien het 'n pragtige uitsig van die Whanganui rivier - let wel - die rivier se naam het 'n 'h' in die naam, die dorp dan nou nie! Dis waaroor al die bohaai gaan!


Die foto is van die onderkant van die hoofstraat - rivier se kant toe. Die is nou nie die 'hoof' deel van die middedorp nie - daar is 'n mooi deel nader aan die rivier waar mens al die 'grand' winkels kry en waar al die 'cool' mense hulle inkopies gaan doen. Daar is natuurlik ook in die beter deel restaurante en koffie winkeltjies en geskenk plekkies en so aan. As jy hier wil stilhou, is dit nie 'n probleem nie - parkering hier rond is gratis. In die 'cool' deel van die dorp moet mens vir parkering betaal!

As mens van die hoof straat deur ons dorp links kyk sien mens hierdie paar huise wat so oppie bult is. Die heiningtjie so regs onder op die foto is die wat om die skool sport veld is - so teen die hoofstraat! En omtrent reg oorkant die Mc Donalds 'restaurant' - ons sal dink dat die kinders by die skool redelike goeie kliente van die burger winkel is!







Toe ons hier in Wanganui aangekom het, was die MWH kantoor in die laaste fase van beplanning om 'n skuif te maak. Die kantore is redelik oud en heeltemal te klein vir almal om gemaklik in te werk. Hierde Vrydag wat nou verby is, het al die ouens alles in bokse ingepak en hulle rekenaars vir ou laas afgeskakel sodat die groot skuif in die loop van die naweek gedoen kan word. Maandag as die nuwe week aanbreek, gaan hulle almal by hierdie gebou opdaag om hulle 'nuwe' kantoor in te trek. Hopelik sal alles klaar op hulle plekke staan en almal kan net eenvoudig inspring en begin werk! Blykbaar is daar 'n probleem met parkering vir almal so ons sal nog sien wat hulle daaroor sal kan doen.


Die 'Mad Butcher' is 'n slaghuis ketting wat mens in omtrent elke dorp in Nieu Zeeland kry. Hierdie een in Wanganui het 'n slagter wat boerewors 'invoer' van Auckland af. Daar is blykbaar genoeg mense hier wat daarvan hou om dit die moeite werd te maak. Boerewors kos so $14.00 per kilogram (onthou, maal dit met 5 punt enige tree) so die goed is nie baie goedkoop nie! Ons het die kans gekry om dit te pru - ons nuwe vriendin Junay, maak boerewors rolle voor die winkel so elke tweede Saterdag en ons het haar ondersteun en vir ons elkeen een gekoop. As mens lank laas ordentlike boerewors geeet het, is dit seker baie, baie lekker, maar nou ja al wat ons kan se is dat hulle rerig hard probeer! Die dermpies is bietjie erg taai! Blykbaar is dit juis hierdie dermpies wat die wors so ongelooflik duur maak!











Ons soek al lank al vir 'n beker wat die 'ding' sal doen - hierdie een was nou Saterdag voor die 'Two Dollar Shop' op 'n tafeltjie. Dit was nou nommer pas vir 'n lekker koppie tee - maar ons kom agter, ons ketel maak dit net nie! Ai tog!

No comments:

Post a Comment