Thursday, March 12, 2009

Die Somer is verby!

Nou die dag, se ek vir Jo dat dit hoog tyd is dat ek weer bietjie op hierdie blog in Afrikaans skryf - ons maatjies en familie dink seker ons het hulle 'gedrop' - dit is nie so nie hoor! Ons het gedink dat ons baie min Afrikaans hier sal praat - weet julle, dit is ook nie so nie - ons bure is mos Afrikaans en ons het al 'n hele paar mense by die kerk ontmoet wat met ons net Afrikaans praat. Voor ons hiernatoe gekom het, het ek 'n klein gedagtetjie gehad dat ons miskien Engels in die huis sal begin praat (om die wat onseker in die taal voel op te knap!) maar, nee, dit werk nie so nie! Ons praat al nege jaar in ons huis Afrikaans (om die wat onseker in die taal voel op te knap!) so daar het julle dit! Partykeer vergeet ons dat mense om ons dit nie verstaan nie, dan moet ons vinnig oorslaan Engels toe dat hulle nie dink ons is ongeskik nie!
Ons was by die rugby verlede Vrydag hier in Hamilton - Chiefs teen Western Force - die ondersteuning vir die tuis span is iets om te beleef! Die hele game was daar 'n outjie buite die veld, in sy 'mandjie op 'n paal', bokant die paweljoen met 'n kettingsaag besig om ons span aan te moedig! 'Wat?' vra julle - rerig, een van daardie lorries wat 'n paal ding het wat kan opstyg om aan straatligte te kan werk ens en daar binne in, is daar hierdie mal ou wat sy kettingsaag afstof en opstart elke keer as daar iets opwindends gebeur. Na die game, toe ons daar verby gestap het, het hy die ding heelwat laat sak en was besig om 'sweeties' vir die kinders in sulke wolke uit te gooi dat hulle almal spring en probeer vang - groot pret!
In hierdie week het ek twee keer saam met Jo werk toe gery in die oggend, dat ek die kar vir die dag kan he - dan kan ek rustig by die biblioteek uitkom en ook bietjie gaan 'browse' by die winkels sonder om te voel hy kan iets oorkom van verveeldgeit - ek was rerig bietjie angstig om alleen in die verkeer te bestuur - julle vra seker hoekom want hulle ry ook hier aan die linker kant van die pad en als, maar dit is anders hoor! Nommer een, is daar 'n paar reels wat anders is en 'n mens moet wakker wees sodat jy nie dom foute maak nie. Die spoed grens in die dorp is 50kmph, effens buite die dorp so 80 en op die ope pad 100kmph - ons het nou die dag onthou hoe Melinda gevra het daardie tyd of die bakkie enigsins vinniger as 100 KAN ry - Sussa, hier MAG ons nie vinniger as dit ry nie! Die groot 'issue' is dat die verkeer mense ry in 'unmarked' karre en so mens weet nooit wie vir jou dophou en wie onskuldige mense nes jy is nie - jy vat nettie 'n kansie! Hulle beboet so gou soos nou, hoor ons, en nog erger, blykbaar kry jy sommer nou 'n blerts op jou bestuursrekord - drie van sulke swart kolle en daar is jou lisensie sommer m$%^&r toe! Ons is nog te nuut om kanse te vat! So ons is baie soet en doen wat op die bordjies se ons moet doen!
Jy kan nie glo hoe heerlik is dit om nie een taxi of soortgelyke ding op die pad te kry nie - almal se karre is padwaardig - rerig - 'n kar ouer as 5 jaar word elke ses maande deur die toets gesit - en almal ry half ordentlik. Hier en daar kry jy 'n outjie wat bietjie wind in sy pype het, maar dit gebeur baie selde.
Ons het nou die dag weer petrol gaan ingooi - toe onthou ek, ek het nooit vir julle almal gese hoe dit hier met petrol werk nie - as jy brandstof nodig het, stop jy eenvoudig by 'n garage, maak jou petrol gorreltjie oop, tel die pomp ding op, sit hom in en begin gooi. As jy klaar is, die tenk vol is, of jou geld in jou beursie op is, loop jy rustig na die 'one stop' tiepe winkeltjie daar en betaal vir die persoon wat agter die till sit, wat jy skuld - hulle het natuurlik 'n idee watter pomp jy gebruik het en so aan so dis mos baie maklik - kan julle net dink hoe lank dit in SA so sal hou??? Jo se vir my die pomp is actually gesluit tot jy die outjie se oog by die till vang, laat hy dit oopsluit, maar nog steeds, dis vir my net totally amazing! Daar is by party winkels 'specials' in die sin dat as jy meer as $40.00 spandeer op jou groceries, kry jy 'n 'voucher' wat onder aan die till slippie geprint is wat vir jou 4 sent per litre brandstof afslag gee - ons het nou die dag so $2.00 gespaar op ons brandstof met een van ons vouchers. Ons het besluit dat ons elke dollar wat ons spaar, nog een gaan bysit en dan sommer altwee in die spaarbussie gooi vir 'tikkette' - 'n kaartjie kos so $2,000 dollar, maar elke dollar help!
Daar is Sondag wat kom, 'n ete na kerk vir die nuwe immigrante - blykbaar is dit eintlik 'n 'kennismaak' ding dat almal wat nuut is mekaar kan ontmoet en dan ook bietjie hoor van alles wat die Afrikaanse Christen Kerk in NZ aanbied in die sin van ondersteuning, 'networking' en bybelstudie groepe ens. Ons verstaan daar is niks 'pressure' nie - baie rustig en vriendlik en ons buurvrou is deel van die 'oues' wat help werk by die geleentheid, so ons sal seker heerlik Sondag saam met almal verkeer. Ons hou baie van die feit dat daar nie nodig is om offisieel by die kerk aan te sluit nie - almal is welkom. Ons neem aan die hele affere is in Afrikaans soos al die Sondag dienste (hier en daar is daar bietjie Engels gepraat of gesing, maar oor die algemeen is dit Afrikaans) so ons voel bietjie baie tuis!
Soos die titel van hierdie pos aandui, is die somer skielik verby - oggende en aande is amper koud nou en ons komkommer dat ons nie genoeg warm klere by ons nou het nie - al ons wintersklere is in die groot boks wat noggie hier issie - gelukkig het ons al 'n paar komberse by vriende geleen vir die bed, so ons kry darem nie koud in die nag nie. Die bome in ons dorp het al begin pragtige herfs kleure vertoon - ons woonbuurt het baie 'pin oaks' - my heel gunsteling boom en die begin nou werklik mooi lyk. Dit reen byna elke dag op een of ander stadium, maar die son skyn ook darem meeste dae vir 'n tydjie - dit is rerig so dat ons 'n paar seisoene elke dag beleef.
Ek het begin dink dat ons Afrikaanse mense vir ons kwaad is dat ons NOOIT OOIT iets in Afrikaans skryf nie en dus stuur julle vir ons niks nie - g'n e-pos, g'n 'comments' op die blog - net mooi boggerol - nou ja - hier is dan 'n bietjie Afrikaans nou, so ons hoop rerig dit gaan help dat ons iets van julle hoor -Toe! 'Ssblief! Ons wil weet hoe dit met julle gaan en hoop ma julle verlang so nou en dan na ons bietjie!
Dis al!

No comments:

Post a Comment