Saturday, April 11, 2009

Die lewe gaan aan


Nee Magtig! het ek vanoggend gedink toe ek opstaan en by die venster uit kyk, Ek moet iets aan die oerwoud doen anders gaan die slange, of nog erger die leeus ons aanval. Nie eens gepraat van die Chinese nie. Toe besef ek, Hallooooo hier is nie slange in New Zealand nie, en die enigste leeus is in die dieretuin, maar as hulle daar ontsnap, dan het ons moeilikheid, hier is baie wegkruipplek hier in die erf. So, na 'n SSSS, sluip ek toe in die bure se jaart in en gaan leen sy grassnyer. Kul jou hier en kul jou daar en siedaar, of dan nou Presto! en die gras is gesny en ons voel dadelik veiliger. Dit vat gelukkig darem nie so lank nie, so 30 min en toe lyk die erf weer skaflik. Hier is nou nie 'n Jannawarie of 'n Philimon nie, so die grassnyer is nog heel, skoon en op sy plek en nou kan ekkis weer rustig wees. Gister het ons bietjie met 'n snoeisker hier in die beddings in gevaar en die bosse bietjie terug gesnoei, nou sal leeu se kind mooi moet dink as hy hier wil probeer wegkruip.

Verder gaan dit baie goed dankie. (behalwe nou vir die Suid Afrikaanse rugby spanne in die Super 14)

No comments:

Post a Comment