Monday, May 25, 2009

Spesiaal vir Alta en Sarel!

Nou ja, julle tweetjies! Ons het so lekker gekuier op Skype gister en ek voel nou so skuldig dat Sarel alles in die Ingels moet eers lees en dan vertaal, dat ek nou ekstra spesiaal vir julle twee hierdie blog possie doen! Eintlik is hierdie dan nou spesiaal vir Alta want Sarel is nogal verskriklik oulik met die Ingels saam (dis hoekom hy die vertaal werk altyd moet doen of hoe?)
Vir die in my gesin wat wel hierdie lees - julle moet mooi verstaan dat ek omtrent uitgetrap is oor die feit dat ek blykbaar ALLES net in Engels doen en daar is vele meer Bothas en hulle afhangendes en aangelapdes, wat die blog lees as enige ander. So dit is nou die rede hoekom hierdie in Afrikaans geskryf is!
Ons het gister weer in die kerk 'opgetree' met die musiekgroep saam - baie goed gegaan alhoewel dit 'n bietjie frustrerend was met die klank stelsel - die is eintlik net nie groot genoeg om almal behoorlik te kan hanteer nie en bo en behalwe dit, was die ouens wat gister daar gewerk het, bietjie minder ervare as die outjie wat dit gewoonlik doen. Dit het veroorsaak dat snaakse dinge gebeur het - skielik hard of sag, 'n baie steurende 'hum' met tye ens - maar die ergste van alles was die laaste lied wat dromme nodig gehad het en die is toe nooit 'aangeswitch' nie - wel eintlik, so halfpad deur die liedjie het die dromme skielik BAIE hard gehappen! Die dromme is mos hierdie nuwe elektoniese goed wat baie snaaks lyk so dit help nie dat die drommer slaan en tekere gaan nie - daar gebeur mos boggeroll tot die nou ingeplug is en dan ook aangeswitch is! As mens nie daaroor bietjie kan lag nie het ons rerig groot probleme!
Die groepie is erg bekommerd dat ons Hamilton dalk gaan verlaat, maar weereens - daar het julle dit - dit is nie ons besluit nie en as ons Wanganui toe moet trek, dan sal hulle mos 'n plan sien om aan te gaan as hulle nou rerig wil. Ons is seker dat hulle sal kan regkom - daar is baie ouens wat die ding kan doen en hulle moet net ingespan word.
Ek en Jo het vanoggend met een van die 'koppe' in Hamilton gepraat - dit blyk asof dit vir almal die beste gaan wees as ons wel nou al Wanganui toe trek - daar is baie meer sekuriteit werksgewys daar en ons wil nie te veel moeilikheid soek met ons 'groot prentjie' dinge nie. Die feit bly staan dat ons in NZ is as gevolg van die werk by MWH en ons moet vir ten minste twee jaar by die maatskappy bly. As hulle dit nodig vind om ons te moet verplaas, dan gaan ons dit so doen. As ons eers oor twee jaar iets anders wil doen, kan ons dan kyk - vir nou is ons baie bly om voort te gaan met die 'avontuur' ! Ons ondervindinge in die verlede het ons altwee gewys dat ons redelik maklik aanpas by enige plekkie en ons is nie vol tjol met sulke dinge nie! Wie weet - dalk bly ons verskriklik, vreeslik lekker in Wanganui! Dit is ook, after all, 'n klein dorpie in vergelyking met Hamilton en ons is mos klein dorpies gewoond!
Ons is bietjie bekommerd oor die Jeugmusiek groepie - hulle is rerig baie onervare en het 'n paar mense nodig wat saam met hulle sal kan optree tot hulle self genoeg kan doen - maar dit is nou ook dieselfde situasie - ek is seker daar moet onder die gemeente IEMAND wees wat ons ou werkies kan doen en die spul kan oorvat. Ongelukkig, kan ons nie veel daaromtrent doen nie, so ons het besluit ons gaan nie slaapelose nagte daaroor he nie - hopelik sal dit nie net stop nie, daar is rerig potensiaal onder die kinders.
Verder, soos daar by julle in Suid Afrika, is die winter sterk oppad - die oggende is koud met ryp so nou en dan en deur die loop van die dag word dit so 15 grade rond - nie te woes koud nie, darem nie minus veertien nie, maar genoeg om die verwarmers aan te sit en 'n warm baadjie orals saam te sleep. Die wereld hier is bietjie meer geskik vir die koue - al die winkels is lekker warm en die meeste plekke het outematiese deure ens laat daar nie wawyd oop deure staan wat al die warm lug lat uitglip nie.
Ons is nou druk besig om te dink oor alles wat gereel moet word dat ons ons 'container' afgelaai kan kry waar dit moet gebeur - dit help mos niks as alles hier afgepak is en dan oor 'n week Wanganui toe moet gaan nie. Hopelik sal ons 'n ou plekkie gereel kry voor ons die 'container' afgehandel kry en dan kan hulle dit sommer direk van Auckland na die nuwe huisie toe vat. Vir julle wat noggie gaan kyk het op Google nie, Wanganui is so 250 km van Hamilton af, so dis nie sommer vir kom gou gou soentoe vat nie - veral dinge soos motorfietse en klaviere nie. Die ou dingetjies wat ons hier gekry het, sal ons self moet vat soentoe - 'n waentjie kry of watewwer en self dit sleep. Ons sal ook seker 'n 'terugbesorg' partytjie moet hou - 'n rooster hier en 'n stoel daar en eetgery die kant toe en linne daai kant toe - mense het ons geweldig baie uitgehelp met goeters so die moet alles terug gaan na hulle wettige eienaars toe. Die ou Duitser (dis nou Oom Altzheimer - dommie!) het nie so erg ingetree nie lat ons 'n paar wynglase vir die ou gee wat ons die tuimeldroeer geleen het nie so hopelik sal almal weer hulle eie goed terug kry! Die meeste van die groter goeters moet terug na die kerk se garage vir boemelaars gaan, so dis nou baie maklik - hopelik sal ou Cor net hier opdaag met die lorrietjie en ons sal vinnig alles daarop kan sit en daar gat hy. Elke week is daar mense wat goed nodig kry en ons weet dat van hulle glad nie eers 'n 'container' hettie - hulle is hier met hulle kinders en hulle tassietjies en dis dit - oor en uit. Dit gaan heelwat beter vir hulle as hulle darem 'n ou bedtjie en 'n stoeltjie het as hulle beginne werk soek. Ai - dis vir ons moeilik om te verstaan dat mense rerig dinge so doen, maar nou ja ons het seker nie al die inligting nie.
Ons stuur vir julle almal baie groete - stuur so nou en dan vir ons 'n ou e-possie - ons geniet dit so baie om enigiets van julle kant af te hoor - anders, kan julle rerig 'comments' op hierdie blog sit - net so lekker om te kry. Onthou net, julle moet eers 'n gratis adres he by of Yahoo of so iets dan kan julle volgelaars van ons blog word!
Ons hou heerlik avontuur al is dinge bietjie deurmekaar op die oomblik! Moenie stressie - ons doen nie!
Dis al!

No comments:

Post a Comment