Wednesday, February 11, 2009

'n Bietjie Afrikaans vir julle

Nou ja dis seker hoog tyd lat hierdie Engelsman 'n bietjie pluk in haar agterent kry en haar swaar opgetelde Afrikaans op hierdie blog beoefen! Ek weet rerig nie of ek nou 'n groot blaps gemaak het of nie - die masjien gee my die opsie om 'off line' te kan werk, ek het die regte knoppies alles gedruk om so te maak en ek gat nog aan, maar die kanse is redelik sterk lat ek nie hierdie gepubliseer gaan kry nie!
Die Saving blokkie hieronder, doen sy ding - flash vreeslik en lyk heel indrukwekkend, maar ek't al geleer al die liggies en kleurtjies en fieterasies beteken maar dikwels fopsoluut akkol en net toe jy dink 'daarsy hier gat ons' is daar net mooi niks op die skerm nie en die beste van als is dat al daardie tikwerk iewers in die ruimte van die aarde rondsweef vir ewigheid en g'n mens sal dit ooit weer met 'n oog sien nie! Ons vat maar die kans!
Dit gaan heel goed met ons twee - Jo is sterk in die werk ding in - ry rond, kyk paaie, praat met kollegas en kontrakteurs, koop nuwe staalpunt stewels, stuur e-pos ens ens. Die groot ding vir my is om te sien lat dit lyk asof hy dit alles (soos altyd) maklik gat handle en lat hy nie sommer net skrikkie.
Op hierdie stadium, stres ons ons bietjie ernstig oor daardie vloekwoord - geld, in die sin dat ons sukkel om mense te laat doen wat hulle belowe het om te doen - diegene in SA wat vir ons karrens moes betaal het byvoorbeeld, het seker maar gedink, ag wat, hulle is nou so 13,000km ver van hier af, ek sal maar later die dinge doen - minwetend lat ons ander met daardie selle geldjies moet betaal. Ons is net nie lus lat die 'kontainer' mense besluit hulle dons ons goeters in die see oorlat ons noggie kon betaal nie! Of nog beter, los die hele ding op die wal tot tyd en wyl - arme klaviere en mooi houd goeters.
Genoeg van elendes! Verder gaan dit baie goed dankie! Ek is besig om winkel dinge te leer - byvoorbeeld, jy moet rerig 'n 'rocket scientist' wees om 'n ou melkie te gat koep - ek jok nie vir julle nie - daar is 'n verskydenheid wat skrik vir niks en dan onder hierdie verskriklike verskydenheid is daar nog verdere katogorie van 'lae vet'. Nou mense, ek vra vir jou met trane in my oe - hoe moeilik kan dit wees om net 'n ding eenvoudig en maklik te maak eh? Ek het nou die dag my dood gesukkel om te besluit watter een van die 'lae vet' melk ek nou rerig wil koop - daar is 'trim', daar is 'lite' daar is 'low fat' daar is '99% fat free' daar is '98% fat free' en dan nog op daardie selfde movie af tot en met so 50%. Dankie tog lat ons nie volroom melk gesoek het nie - ek weet net ek sou uiteindelik opgegee het net om so iets in die hande te kon kry! Die lang en kort van die storie is die feit lat ek 'n melkie gekoop het wat heel oulik gelyk het, nie te skrikwekkend duur was nie en met die blaas van trompette dit hier by die motel aangebring het - toe ons dit oopmaak en probeer gebruik het, was dit nou rerig nie enigsins meer as flou, blou water! Nooit, ooit weer daardie's nie!
Ek het gister die dorp (of moet ek eerder se die stad) ingevaar om 'n apteek te loop soek - ons moet een of ander tyd uitvind of Jo se pille vir die ou bloeddruk hier beskikbaar is - ek het toe eventually 'n oulike apteek gekry en die dame daar was baie behulpsaam - basies is Jo se pille nie hier verkrygbaar nie, wel 'n soortgelyke maar swakker een wat ons in SA een keer moes drink vir 'n dag of wat toe ons apteker nie voorraad gehad het nie. Ons moet in elk geval by 'n dokter aansluit - hier sluit jy by 'n huis dokter aan voor jy siek is - en ons het noggie dit gedoen nie. Ons wil graag hoor by die ander wie hulle sal aanbeveel voor ons by 'n dokter Jekkyl of doktor Idioot aansluit. Dit sal mos baie makliker wees as die bogenoemde dokter reeds weet dat Jo se pille nie hier beskikbaar is nie, het die voubiljet van sy gewone medikasie in sy hand, en kan dan die regte ding sommer opslag voorskryf. Ek dink ons sal maar die dinge laat oorstaan tot ons in ons nuwe huisie volgende week is - ons het al die papiere geteken, die 'bond' (dis 'n deposit) betaal en kan die sleutels die oggend van die 18de loop haal. Ons is nogal opgewonde daaroor want die Motel is rerig baie oulik maar dis nou genoeg hoor!
Die temperature hier die afgelope paar dae het die gemiddelde kiwi in 'n totale 'tail spin' - hulle verstaan nie van 'n bietjie warm kry nie - gister was dit 30 grade en vandag 29 en dit maak die hoof nuus bulletien! Ag Fooi!
Ons gat te lekker aan - lekker gemaklik en lekker bederf met die lugreeling in ons kamer by die motel!
Ek sal miskien weer later moet ietsie op die blog skryf, maar gaan nou eers probeer publiseer en bid lat hierdie poging nie in 'cyberspace' forever gat sweef nie.
As julle 'n 'comment' wil skryf, moet julle of julle eie blog reeds he, OF kry vir julle 'n gratis 'Google account' dan gebruik jy daardie kodes om die 'comment' ding te kan doen. Nou toe, laat ons bietjie van julle almal hoor!
Dis al.

No comments:

Post a Comment