Tuesday, February 17, 2009

So maak mens

Net toe ek mooi op my voete is, toe koop ek 'n kar, nou is ek weer van my voete af en op die kar sitplek. Ja dis reg ek het vandag 'n kar moes koop om by die huis te kom. Ons trek more in die huis in, sonder meubel en sonder potte en panne en messe en vurke. Ons het darem ons twee tasse met die klere wat ons saam gebring het en so aan, maar die hotelkamer druk ons bietjie vas en is darem baie duur. My resettlement pakket is net so groot, en hoe minder ons daarvan gebruik, hoe meer kan ons in kontant kry om iets anders mee te doen. Die huis is gehuur en die gehuurde kar gaan more terug. toe moes ek maar 'n karretjie gaan koop om mee te ry. My familie sal geskok wees om te verneem dis nie 'n Volkswagen nie. Dis, van alle dinge, 'n Mitsubishi Pajero. Die daai wille woeste goeters wat die ryk ouens ry nie, nee 'n 1998 2000cc stasiewa-dingetjie, 'n klein SUV'tjie, te pragtig met nogal 'n skuifdeur, amper soos Marike-hulle se Mazda. Eers het ek my oog gehad op 'n vroeer model van dieselfde soort karretjie, nogal met 'n spaar wiel op sy stert en kamma 'n leertjie waarmee jy op die dak kan klim en 'n "bulbar" en als. maar hy het bietjie baie gerook, ek vermoed sy ringe is effe pap, en toe bied hulle my die nuwer ene aan. Hy's nogal in 'n goeie toestand en toe vat ons hom maar. Die lening is gereel en alles afgehandel en ons kan hom more kry. As hy nog nie gereed en deur die toets en geregistreer en nuwe bande en so aan is nie, dan gee hulle ons 'n ander kar tot daai een gereed is, Dis heelwat goedkoper as die huur kar en ek hoef nie skuldig te voel as ek oor die naweek gaan rondry nie.

Ek het nou net met Phillip gepraat en dit lyk my daar's 'n paar mense wat dit nie reg kry om "comments" te maak op ons gebrabbel hier nie. Net toe ons begin dink almal het ons afgeskryf en niemand is meer lief vir ons nie, toe kom ons agter daar's 'n triek aan verbonde. Jy moet blykbaar eers vir jou 'n 'rekening' by of yahoo of google of msn oopmaak, dis vry, gratis en verniet, en dan gebruik jy daai naam wat jy by een van doei plekke oopgemaak het om in te klok hier by ons en dan is dit blykbaar heel eenvoudig. Ek het dit nog self nie probeer nie, want ek gat nie kommentaar lewer op my eie gebrabbel nie ,, Haloooeee!! Maar probeer dit gerus, wie weet miskien werk dit.

Vir die wat ook sukkel om vir ons eposse te stuur, hier is die adresse: jobo9691@yahoo.co.uk of diane04@live.co.za .

O ja en die huis wat ons gaan intrek is nie daai grend huise op die fotos nie dis die eenvoudige ene, die een met die dubbel garage na die straat se kant toe. By een van die fotos staan daar 'n Toyota Corolla, so witte, (dis nou die duur huur kar), voor die garagedeur.

Dankie vir almal wat die blog lees en probeer om terug te skryf. Ek hoop dit gaan nou makliker en dit werk darem ten minste...

2 comments:

  1. En hier kan ek toe so wragtig self kommenteer.(mooi Jannie, jy's F8kk88n oulik hoor)
    Wat ek nog wou by se is dat ek met my vet magietjie en maer beentjies daar iewers in die tuin ook staan en ons huisie bewonder. (Lieg... Ek was net bly oor die aircondishen)
    En Dis Al

    ReplyDelete
  2. Julle is oulik hoor. Het julle gesien ek het 1ste ge-comment. Ek is darm nie so "dam" eenvoudig nie hoor. Ag nee Jannie, wys ons jou karretjie toe! Alta

    ReplyDelete